Subscribe by Email

Ploftoestelle ook by Hammanskraal gevind

scrapyard

Minstens 15 ploftoestelle is by Hammanskraal, noord van Pretoria gevind. Dit volg een dag nadat ‘n Burger van Kameroen gister by Cash 4 Scrap in Rebeccastraat, Pretoria-Wes in ‘n  ontploffing dood is.

‘n Polisiewoordvoerder, Tsekiso Mofokeng sê dit is nog nie duidelik hoeveel van die ploftoestelle by Hammanskraal lewendig is nie, aangesien plofstof-deskundiges steeds besig is met die ondersoek.

Vroeër vandag het die polisie beslag gelê op ‘n mortier en twee kanonkoeëls naby ‘n hoërskool in Pretoria-Wes.

One Response to Ploftoestelle ook by Hammanskraal gevind

  1. Deon Steyn

    Oktober 22, 2014 at 12:29 pm

    Die terminologie wat gebruik word is verkeerd. N mortier is die lanseerbuis gewoonlik met n affuit waarmee n mortierbom gevuur word. So is dit nou n bom of die mortier wat gevind is. Kanonne vuur granate ,waarna u verwys as kanonkoeels.