Subscribe by Email

Plakkate uit hulle hande geruk

3301631548Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, sê mense het die reg om te betoog en hulle mening te lug oor enigiets. Hy sê niemand het die vier vroue gekeer toe hulle hulle plakkate vertoon het nie, wat die vlak van demokrasie en vryheid in Suid-Afrika bewys. Volgens berigte het Zuma se lyfwagte egter na die toespraak die vroue aangeval, terwyl ander sê sekerheidswagte het die vroue se plakkate uit hulle hande geruk en hulle uit die saal gestoot.