Subscribe by Email

Plaasaanval, kort na ET se begrafnis misluk

In nog ’n plaasaanval, kort na Eugene Terre’Blanche se begrafnis Vrydag, is ’n wit gesin in Bynespoort, sowat 5km van Mamelodi in die ooste van Pretoria, deur 4 swart gewapende aanvallers aangeval. Na wat beweer word, het die aanvallers geskree: “Sterf witman! Viva Malema!”

Hierdie keer het die aanvallers egter hul moses teëgekom aangesien hierdie gesin paraat was op hul plaas. Mnr. Leon Johan Koekemoer (39), ’n kaptein en instrukteur in die Herstigte Kommandokorps, was saam met sy vrou, Annelie (37), en hul drie minderjarige kinders en hul 56-jarige loseerder tuis op hul plaas naby die Cullinan-pad toe die rowers toegeslaan het.

Toe een van die rowers die egpaar in hul kamer wou oorval, het mev. Koekemoer opgespring en die kamerdeur toegegooi en dit probeer toedruk. Kapt. Koekemoer het opgespring en na sy byl, wat hy in die kamer hou, gegryp. Toe hy ’n kans kry, het hy hard na die aanvaller gekap, wat besig was om met sy vrou te stoei. Daarna het die rower uit die kamer uitgehardloop en gevlug. Sy makker het intussen na die loseerder se kamer gegaan en daar probeer inkom, waar die loseerder hom met twee skote neergevel het. Daarna het die ander twee aanvallers het ook gevlug.

Kapt. Sipho Zulu, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ’n klag van huisroof en poging tot moord en daar sal ook ’n geregtelike doodsondersoek wees na die dood van een van die aanvallers.

3 Responses to Plaasaanval, kort na ET se begrafnis misluk

  1. Mario

    April 14, 2010 at 7:29 am

    Dis al wat moet gebeur: sodra iemand wat nie genooi is nie jou perseel betree verwyder hom met maksimum geweld, 9 mm, 38 special of so iets! Hulle sal vinnig leer.

  2. Confused

    April 12, 2010 at 11:06 am

    Baie Mooi Skote Petoors ,Nou wil ek net weet hoe om so paraat te word ,Die tyd vir terugsit en wag is verby .

  3. Kuifie

    April 12, 2010 at 11:05 am

    Ek hoop die polisie het Johan Koekemoer en sy loseerder se wapens nie meegeneem vir ondersoek nie, dan is hulle nou ontwapen wat baie gevaarlik is. Hulle wapens sal hulle sekers nooit weer sien nie.