Subscribe by Email

Plaasaanval: Fonds vir Kolver-egpaar

Te midde van die moorddadige plaasaanvalle in die Vrystaat tot dusver vanjaar, kom die nuus dat mnr. Jannie du Plessis (64) wat op 6 Januarie in die distrik Villiers aangeval is, aan sy wonde beswyk het. Wat betref mnr Pieter (58) en mev Elsa (55) Kolver wat op 19 Januarie by Bainsvlei in hul huis aangeval is, word berig dat hulle vermink is en emosioneel getraumatiseer is, berig die jonsge Ditsemblits. Elsa het haar oog verloor omdat die een aanvaller die rewolwerloop so diep daarin geboor het, terwyl haar gesigbene en kakebeen gebreek is en met plate heropgebou moet word. Pieter is twee maal geskiet, waarvan eenkeer deur die knie, terwyl sy enkel met ‘n breekyster vergruis is. Hy het tans ook bloeding op die brein. Hulle is deur die twee swart manlike aanvallers vir ongeveer vier ure gemartel voordat hulle aan mekaar vasgebind is en ‘n matras bo-op hulle gegooi is. Daarna het die aanvallers hulle uit die voete gemaak. Twee verdagtes is intussen deur die Polisie aangekeer. Die Kolvers word in Bloemfontein Mediclinic behandel. Hulle gesindheid bly positief en is hulle na berig word vasbeslote dat die trauma hulle nie sal oorweldig nie. Die egpaar het ‘n hospitaalplan, maar sal na die tyd heelwat rehabilitasie moet ondergaan, asook sielkundige berading ontvang – uitgawes wat nie deur die hospitaalplan gedek word nie. Vriende en familie doen ‘n beroep op enigeen wat kan help met finansiële ondersteuning ter bestryding van die mediese uitgawes van die egpaar, om ‘n bydrae te maak in die trustbelegging wat vir die egpaar soos volg geskep is: Symington & De Kok Prokureurs, Absa Bank, rekeningnommer 406 896 9985, takkode 250 655, verwysing GR0001MGK2028.

One Response to Plaasaanval: Fonds vir Kolver-egpaar

  1. jantjie

    November 11, 2013 at 6:46 am

    Ek dink dit het tyd geword dat die regering veantwoordelik gehou word vir die mediese kostes op plaas aanvalle. Dit is hulle wat wet en orde moet handaaf in die land en nou moet die arme ou mense wat dit eenvoudig net nie kan bekostig nie dit ook nog moet betaal.