Subscribe by Email

Plaasaanval: CDP reageer oor aanval op Samaritaan

“Die stelling dat die behandeling van plaaswerkers ‘n belangrike oorsaak vir plaasaanvalle is, is weer as mite uitgewys toe ‘n Samaritaan, John Steyn op sy plaas naby Vryburg wreed aangerand en beroof is. Hy het mense wat by hom om hulp kom aanklop het gehelp toe hy aangeval is,” sê ds. Theunis Botha, leiers van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Dit volg net meer as ‘n jaar na die bekende filantroop, Ernest Giesekke, op sy Oos-Vrystaatse plaas vir R50 en ‘n selfoon besonder wreed vermoor is.”

“Ons vra opnuut dat die ANC sy woorde moet tel wanneer uitsprake oor die landbou gemaak word, maar veral dat die ANC van sy verskerpte rassistiese optredes en uitsprake moet afstap.“