Subscribe by Email

Pistorius-familie in hof gevloek,gedreig

Oscar sister

Die berugte bokser en huurmoordenaar, Mikey Schultz en sy vriende het na bewering die Pistorius familie gedreig en gevloek.

Dié drama het hom Donderdag afgespeel kort voordat die hof om 12:00 vir ‘n vroeë middagete verdaag het.

Die Pistorius-familie was geweldig onsteld en, na verneem word, het Lois Pistorius, Oscar se tante, gesê hulle is te bang om vir middagete uit die hof te gaan.

Oscar se jonger suster, Aimeé Pistorius, was na die dreigemente in trane. Carl, Oscar se broer, het gesê Schultz het die woorde “f*k jou” met sy mond aan Aimée gevorm.