Subscribe by Email

Pigmeë sê les op in Rwanda – UNPO

Grondroof deur die staat of waar die staat anderpad kyk, bittere armoede, wydlopende diskriminasie en stereotipes van dom en agterlik, is van die probleme wat die pigmees, nou bekend as die Batwa in Rwanda ervaar.

So skryf die Unrepresented Nations and People’s People’s Organisation (UNPO) in sy alternatiewe verslag aan die VN se Komitee vir Ekonomiese, Maatskaplike en Kulturele Komitee.

Boonop ly die Batwa daaronder dat hul identiteit, soos die van ander groepe soos die Hutu en Tutsi’s nie genoem mag word nie om ‘n herhaling van die twee groot groepe se volksmoorde op mekaar te probeer voorkom.

Baie Batwa is ook nou dakloos nadat die regering ‘n verbd op woonstrukture met grasdakke geplaas het.

Foto: So lyk ‘n “tipiese” Batwawoning in die verslag

Herman Toerien