Subscribe by Email

Petrolbomme word op Wits se kampus ontdek

enca-petrol-bombs-found-on-wits-campusWits se bestuur het bevestig dat drie petrolbomme gister op sy hoofkampus gevind is. ‘n Woordvoerder sê die bomme is ‘n gebou naby ‘n grensheining gekry. In nog ‘n ontwikkeling is gisteraand se Premierliga-wedstryd tussen Bidvest Wits en Orlando Pirates wat by die universiteit sou plaasvind, afgestel nadat die universiteit ‘n SMS van die studenteraad ontvang het waarin gedreig word om die wedstryd te ontwrig.

Intussen het die Universiteit van Kaapstad klasse vir die week opgeskort en dit sal eers weer die 30ste hervat word. Die personeel sal voortgaan met hulle werk, maar alle biblioteke sal gesluit wees.