Subscribe by Email

Petrol prys styg die meeste nog ooit in SA

Die Nasionale Energie Reguleerder het aangekondig dat die prys van brandstof volgende week en Woensdag met tot 50 sent per liter gaan styg. Die swakker rand en die prys van ru-olie het gesorg vir ‘n onderverhaling van ongeveer 26 sent per liter, en dan is daar die regering se nuwe belastings van ongeveer 25 sent per liter wat bygereken word.

Dit gaan die prys van petrol bring tot ongeveer R 8.50 per liter in die binneland, die hoogste tot nog toe.

Natuurlik kan ons ook verwag dat alle produkte wat afhanklik is van vervoer, se pryse saam met hierdie verhoging ook gaan styg. Koerant wonder net hoekom produkte pryse nooit weer verminder word wanneer die petrol pryse ook weer daal nie.