Subscribe by Email

Persklub van SA wil vergader met Moslems, Zapiro, M&G

Zapiro's M&G cartoon, May 21 2010

Die Nasionale Persklub het Sondagaand ’n vergadering voorgestel tussen Zapiro, die Mail&Guardian en Moslem leiers.  Dit volg op die publikasie deur die Mail&Guardian van ’n spotprent waarin die Moslem Profeet, Muhamed, op ’n rusbank in ’n sielkundige se kamer lê. Moslems neem aanstoot teen die spotprent en daar was selfs al doodsdreigemente aan Zapiro, soos wat verskillende publikasies die afgelope paar dae berig het.

Yusuf Abramjee, wat die voorsitter is van die persklub en ook ’n Moslem is, sê dat die media sensitief behoort te wees met godsdiens. “As ’n Moslem myself, vind ek die spotprent aanstootlik” het Abramjee gese. “Ons (die persklub) bevorder spraakvryheid, maar laat ons nie vergeet dat dit nie absoluut is nie. In hierdie geval moet dit opgeweeg word teen godsdienstige toleransie.”

Die vraag wat nou ontstaan, is in watter mate kan die Persklub objektief wees hieroor, omdat hul voorsitter ’n Moslem is en dat hierdie voorgestelde vergadering wat moet plaasvind deur homself geïnspireer is, omdat hy ook die spotprent aanstootlik vind. Gaan Zapiro en die Mail&Guardian ingee onder druk om die vergadering by te woon en sodoende moontlike werklike persvryheid in die gedrang bring? Sou daar ook ’n voorstel vir so ’n vergadering ontstaan het indien die voorsitter van die Persklub dalk ’n ander geloof aangehang het?

Talle gelowe, politieke ideologieë en leiers het almal al eweredig deurgeloop onder Zapiro se unieke spotprente, waarom moet daar ’n bohaai gemaak word oor hierdie een?

Ons hoor graag ons lesers se kommentaar in hierdie verband.

4 Responses to Persklub van SA wil vergader met Moslems, Zapiro, M&G

  1. Kuifie

    Mei 24, 2010 at 1:38 pm

    Wat die godsdienstige toleransie betref. As Daar ‘n spotprent oor die Pous of Jesus gemaak word kla niemand nie, hoekom?

    Ek dink spraakvryheid is in wese altyd absoluut.

    En wat die Moslems betref. Was die profeet Mohammed nie ‘n pedofiel nie, as ons die Koran lees?.
    Profeet Mohammed het die dogterjie Aisha getrou toe hy 51 jaar oud was en Aisha maar net 6 jaar is gewees. Hy het haar in sy huis geneem toe hy 54 en sy 9 jaar geword het, net voor sy begin menstrueer. Was dit toe normaal om met ‘n 6 of 9 jarig dogtertjie te trou…waar word dit nog gedoen? ‘ n 9 jarig dogterjie vat om te trou lyk my nie normaal nie.

  2. Anti-Godsdiens

    Mei 24, 2010 at 8:45 am

    Die voorsitter van die pers klub is ‘n moslem, hoe onafhanklik, ….sug!

  3. Macy

    Mei 24, 2010 at 8:43 am

    Waarom moet moslems altyd probeer om ontevrede te wees in ‘n land waar hulle verkies om te woon. SA is ‘n sekulere land, so as hulle hul godsdiens wette wil afdwing, moet hulle trek na ‘n moslem land toe. Hier het ons vryheid van spraak, en basta!

  4. Booby

    Mei 24, 2010 at 8:40 am

    Dit wys jou net hoe ‘n 2% minderheid hulself orals kan inwurm. Kudos aan Zapiro, en de hel met godsdiens voordele!