Subscribe by Email

Perk op ouderdom vir gebruik van alkohol dalk eersdaags verhoog van 18 na 21 jaar

 Maatskappye wat alkohol verkoop sal in die toekoms verhoed word om hul produkte te adverteer indien die advertensie nie waarsku oor die nadelige gevolge van drank nie. Die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies het die media by die parlement toegespreek oor die nasionale wysigingswetsontwerp oor alkohol. Hy sê die wetgewing sal maatskappye ook verbied om die jeug met hulle advertensies te teiken.

Die wettige ouderdom om alkohol te gebruik, kan binnekort van 18 na 21 verhoog word indien die nasionale wysigingswetsontwerp oor alkohol goedgekeur word. Davies sê die verandering volg na navorsing wat toon dat alkoholmisbruik groter skade kan aanrig voordat die brein ten volle ontwikkel is. Gemiddeld neem Suid-Afrikaners jaarliks tussen 10 en 12,4 liter alkohol per persoon in, terwyl die wêreldgemiddeld 6,2 liter is. Hy het ook verwys na die hoë voorkoms van fetale alkoholsindroom en dat 41,6% van alle beserings wat behandel word, met alkoholgebruik verband hou.