Subscribe by Email

Pat Lambie terug

patPat Lambie sal op die plaasvervangersbank wees vir die Sharks se Superwedstryd teen die Sunwolves wat Vrydagaand in Durban gespeel word. Die direkteur van rugby, Gary Gold, sê Jean-Luc du Preez gaan rus, maar Tera Mtemba sal in sy plek uitdraf. Willie le Roux is nie beskikbaar vir die wedstryd nie en Tendai Beast Mtwarira kry ook ‘n blaaskans. Gold sê dit is gepas dat JP Pietersen, die Sharks-speler wat die meeste toetswedstryde gespeel het, die span aanvoer in sy laaste tuiswedstryd.