Subscribe by Email

Pastoor van Kaapstad is vas oor ‘n beweerde Ponzi-skema

ponziDie direkteur van die groep Platinum Forex, Colin Davids, is borgtog van honderd-duisend Rand toegestaan toe hy in Bellville, Kaapstad, in die hof verskyn het op aanklag van die bedryf van ‘n Ponzi-skema. Hy is vroeër vandag in hegtenis geneem. Die 48-jarige Davids, ‘n pastoor van New Direction Grace Ministries in Parow, het na bewering hoofsaaklik gewese staatswerknemers ingeloop. ‘n Jaar gelede is ‘n hofbevel bekom om 100-miljoen Rand van sy groep se bates te bevries. Davids moet in Januarie terugkeer hof toe.