Subscribe by Email

Party reageer skerp op groot kabinetskommeling

“Dis niks meer as net ‘musical chairs’ speel nie – net die aantal narre wat saamspeel word al hoe meer,” sê Paul Bezuidenhout, leier van die nuwe party, die Suid-Afrikaanse Vredesparty is reaksie op gisteraand se onverwagte kabinetskommeling deur pres. Jacob Zuma. Dit is Zuma se tweede omvattende kabinetskommeling in enkele maande.
“In beginsel is dit maklik om te sê die kabinet is so pateties dat enige verandering ‘n verbetering moet wees, en ons verwelkom byvoorbeeld die feit dat die sukkelende Lindiwe Sisulu die trekpas gekry het. Maar om Julius Malema as nuwe minister van Verdediging en Veterane aan te stel, en dit boonop te motiveer dat dit ‘n logiese stap in die jongeling se politieke toekoms is noudat die sand as ANC-jeugleier uitloop, is verregaande.
“Op die nie-politieke vlak gaan die omruiling van genl. Bheki Cele en Jimmy Manyi uiters interessant wees.
“Om Shabir Shaik presidensiële kwytskelding te gee en hom dan minister van polisie te maak is ‘n siek grap. Dit is ook heel gepas dat hy sy nuwe amp op 1 April opneem.”

One Response to Party reageer skerp op groot kabinetskommeling

  1. Gerhard

    Maart 31, 2011 at 9:10 pm

    Oulike probeerslag, julle!