Subscribe by Email

Parlementêre komitee besin oor die kandidate vir Openbare Beskermer

ifp.mandeni1-Small-696x464Die parlementêre komitee wat ‘n opvolger vir Openbare Beskermer Thuli Madonsela moet aanwys, gaan vanmiddag besin oor watter kandidaat by die Nasionale Vergadering aanbeveel moet word. Die komitee het na onderhoude met veertien kandidate ‘n kortlys van vyf opgestel. Hulle is regters Sharise Weiner en Siraj Desai, advokate Busisiwe Mkhwebane en Muvhango Lukhaimane, en professor Bongani Majola. Twee-derdes van parlementslede moet stem ten gunste van die kandidaat om by Madonsela oor te neem wanneer haar termyn in Oktober verstryk, wat 267 uit 400 LP’s beteken.