Subscribe by Email

Panama documente

panamaPanama se polisie het ‘n klopjag gedoen op die kantore van Mossack Fonseca in Panamastad na die lekkasie van meer as elf miljoen van die regsfirma se vertroulike dokumente. Dit het verdoemende inligting onthul oor hoe die maatskappy sy duisende internasionale kliënte gehelp het met geldwassery, die omseiling van sanksies en belasting-ontduiking. Die land se prokureur-generaal sê die doel van die klopjag was om dokumente te bekom wat verband hou met die inligting wat die firma by onwettige bedrywighede betrek.