Subscribe by Email

Pakistanse verdagtes stap vry uit hof in Brits

’n Landdros van die hof in Brits het twee Pakistanse burgers wat daarvan verdink word dat hulle ’n massiewe identiteit bedrogspul in Brits bedryf het, vry uit die hof laat loop, weens die feit dat hulle langer as die voorgeskrewe 48 uur in aanhouding was voordat hulle in die hof verskyn het.

Een van die twee verdagtes, Naveed Cheema, word daarvan verdink dat hy ’n baasbrein is agter die bedrogspul, wat onlangs in Brits oopgevlek is toe die polisie op ’n perseel toegeslaan het waar identiteitsdokumente, paspoorte, verblyfpermitte en ander dokumente vervaardig was, wat dit vir onwettige immigrante moontlik maak om in Suid-Afrika as burgers te woon. Ten tyde van Naveed Cheema se in hegtenis neming, het hy saam met ’n vroulike beampte van die departement van binnelandse sake gewoon.

’n Totaal van 6 Pakistanse immigrante was aanvanklik in hegtenis geneem, hoewel aanklagte teen die ander 4 laat vaar is. Die polisie sê dat hierdie ondersoek net die top van die ysberg is en dat hulle van voor af die twee vrygelate Pakistanse burgers moet opspoor en weer in hegtenis neem.