Subscribe by Email

P.O.D kom toer Suid-Afrika, Koerant.com het 6 gratis kaartjies om weg te gee

Die uiters gewilde musiekgroep P.O.D gaan vir hul eerste keer ooit in Suid-Afrika kom toer met drie vertonings, in Johannesburg, Kaapstad en Durban gedurende Julie 2011. Die Russiese groep SLoT het besluit om saam met P.O.D die Suid-Afrikaanse toer mee te maak.  Daar gaan ook ’n eksklusiewe BBP na vertonings partytjie gehou word saam met DJ Yves Eaux.

P.O.D is die afkorting vir Payable on Death,  ’n Amerikaanse “metal” groep wat al vanaf 1992 gewild begin raak het. Hul lede is die sanger Sonny Sandoval, drommer Wuv Bernardo, kitaar Marcos Curiel en baskitaar Traa Daniels. Tans het hulle al sewe albums vrygestel met meer as 10 miljoen verkope wêreldwyd. Vêrder is hul ook al benoem vir drie Grammy toekennings en hul musiek is ook opgeneem op verskeie rolprent klankbane en hulle het al oral in die wêreld getoer en nou is dit Suid-Afrika se beurt.

Hulle derde album, “The Fundamental Elements of Southtown” besorg aan hulle die eerste platinum toekenning deur die RIAA in 2000. Die daaropvolgende album, “Satellite”, met die treffers “Alive” en “Youth for the Nation” het trippel platinum bereik.

Koerant.com, in samewerking met hulle Suid-Afrikaanse toer organiseerders, We Rock U van Nederland, het 6 gratis kaartjies om weg te gee aan drie gelukkige Koerant.com lesers, twee kaartjies vir elke Suid-Afrikaanse optrede. Om deel te neem en ’n kans te staan om jou twee kaartjies te wen, moet jy Koerant.com op Twitter volg en ’n @koerantdotcom antwoord lewer oor waarom jy graag na die P.O.D vertoning wil gaan. Ons sal soek vir die mees oorspronklikste of mees uniekste antwoord op die vraag en die wenners op Twitter en hier in Koerant aankondig. Die kompetisie sluit Vrydag, die 4de Februarie 2011, om middernag en die gelukkige wenners sal die daaropvolgende Maandag bekendgemaak word. Die wenners sal hul konsertkaartjies elektronies ontvang vanaf The Mobile Ticket wat alle kaartjies vir hierdie toer verkoop.

Die Suid-Afrikaanse toerprogram is as volg:

14 Julie 2011, Kaapstad ICC

15 Julie 2011, Johannesburg Sandton Convention Centre

16 Julie 2011, Durban, ICC Arena

Alle navrae kan gerig word aan die organiseerders, We Rock U en kaartjies reeds beskikbaar by The Mobile Ticket

Video

One Response to P.O.D kom toer Suid-Afrika, Koerant.com het 6 gratis kaartjies om weg te gee

  1. M

    Mei 3, 2011 at 8:55 pm

    Helaas spreek ik geen Zuid-Afrikaans maar ik wil jullie graag waarschuwen voor We Rock U. In Nederland zijn zij ook actief en hebben concerten georganiseerd en vervolgens weer geannuleerd (Vanessa Mae en Tito Jackson). Ze hebben meerdere malen beloofd aan heel veel mensen dat ze het geld terug krijgen maar helaas krijgt niemand het geld retour. Vele wachten al 2 maanden op hun geld.

    Ik zou zeggen… denk heel goed na voordat je concertkaartjes koopt voor concerten georganiseerd door WeRockU. Je loopt grote kans dat het wordt geannuleerd en dat je, je geld kwijt bent.