Subscribe by Email

OVS boere het planne om veiligheid op te skerp

Leeudoringstad

Die vermoorde Leeudoringstad-boer, Johan van Rensburg is gister begrawe.  Hy is verlede Saterdag deur plaasaanvallers doodgeskiet.

Die plaasaanvallers het met die lyk van dié oud-polisiekaptein in die kattebak van sy motor rondgery en is doodgeskiet nadat ’n groep boere van die Leeudoringstad-omgewing hulle vasgetrek het. Twee aanvallers is doodgeskiet en een is gewond na ’n skietery tussen die aanvallers en boere van die gemeenskap losgebrand het.

Ds. Lambert van Rooyen wat die diens gelei het, het die boeregemeenskap angespoor om nie wraak te neem nie maar liewers hul woede, onsekerheid, hatseer en gevoel van mageteloosheid met God te deel.

Leiers van die distriksboerevereniging së daar heers steeds onsekerheid of die betrokke boere dalk aangekla kan word aangesien dit die verkeerde boodskap aan misdadigers sal stuur.  “Ons het planne om ons veiligheid op plase op te skerp.”