Subscribe by Email

Outismekongres kyk na praktiese oplossings

Vanjaar se nasionale outismekongres is praktiese, Suid-Afrikaanse oplossings. Die kongres vind van 18 – 19 Oktober in Pretoria plaas, en word deur die Vereniging vir Outisme aangebied.

Die openingsrede word gelewer deur die Flinkdink- en Noot-vir-Noot-kampioen, Daantjie Badenhorst. Badenhorst is ‘n Aspergersindroomlyer – ‘n ligter variasie van outisme.

Dr. Louise Lindenbergh sal as hoofspreker optree, en onder meer praat oor die hulp wat aan mense verleen kan word wat outismelyers onder hul sorg het. Sy sal ook praat oor ingewandsiektes waaraan sekere kategorieë outistiese mense ly.

Hoewel sommige kenners dit ontken, het outisme die afgelope aantal dekades skerp toegeneem en veroorsaak dat bestaande skole en inrigtings wat op outisme fokus, heeltemal ontoereikend is. Dit geld ook vir Suid-Afrika.

Vroeë intervensieprogramme wat die beste prognose op beterskap bied, is baie duur en buite die bereik van baie ouers. Alle kinders word ook nie vroeg genoeg hiervoor gediagnoseer nie.

Navrae kan gerig word aan Anna Aitkins by autism@afa.org.za

of 012 993 4628

Herman Toerien