Subscribe by Email

Outa verwelkom die SAL se besluit om bande met BnP Capital te verbreek

0000571653_resized_southafricanairwayssaa11110duane1022Die organisasie teen die misbruik van belastinggeld, Outa, het die Suid-Afrikaanse lugdiens se besluit om bande met die finansiële diensverskaffer, BnP Capital, te verbreek, verwelkom. Volgens berigte sou die maatskappy die lugredery meer as 250-miljoen-Rand vra vir die kontrak om skuld van 15-miljard Rand te herstruktureer en kapitaal bymekaar te maak. Outa sê dis ‘n oorwinning vir fluitjieblasers, maar voeg by dat hulle steeds die saak gaan laat ondersoek – óf deur die reg óf deur die Instituut van Direkteure van Suidelike Afrika. Hulle voer aan dat daar steeds vrae bestaan oor hoe BnP Capital in die eerste plek aangestel is.