Subscribe by Email

Outa oorweeg ‘n groepsgeding teen Eskom

eskom-cost-hikeDie organisasie teen belastingmisbruik, Outa, sê hy beraadslaag met verskeie kenners oor die moontlikheid om ‘n groepsgeding teen Eskom in te stel. Dit volg nadat die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria die Nasionale Energiereguleerder, Nersa, se goedkeuring aan Eskom tersyde gestel het om ‘n kragtariefverhoging van 9,4 persent in te stel. Outa sê dit is ‘n beginselsaak dat Eskom elke sent moet terugbetaal wat hy te veel ingevorder het sedert die verhoging in werking getree het.

Eskom sê intussen hy wag op Nersa om die pad vorentoe te bepaal, maar wys daarop dat die hof beslis het dat die inkomste wat vir die 2016/2017-tarief toegelaat is, van krag bly. Dit sluit in regstreekse tariewe vir verbruikers en munisipaliteite. Die hof het wel gesê Nersa se reëls en metodes is nie behoorlik gevolg toe Eskom ‘n bykomende verhoging versoek het nie.