Subscribe by Email

Ouste hawe en papirusgskrifte ontdek

Ouste hawe en papirusgskrifte ontdek

Argeoloë het die oudste hawe ter wêreld aan die Rooi See in Egipte gevind, en ook die oudste papirusgskrifte daar naby ontdek.

Die vondste dateer uit ongeveer 2 600 voor Christus, toe Khufu die farao was. Khufu is bekend as die bouer van die grootste piramide by Giza.

Die hawe is gebruik om koper en ander minerale van die Sinaiskiereiland te vervoer. Verskeie klipankers is gevind, asook klipwerktuie waarmee tou gesny is, asook oorblyfsels van ankertoue. Verskeie dokwerkers se huise is ook ontdek, en ook dertig grotte waarvan die ingange toegemaak was. Dié grotte bevat inskripsies van Khufu.

Die papirusgeskrifte beskryf aspekte van die alledaagse lewe destyds. Dit word nou deur kundiges my die Seuzmuseum bestudeer.

Bron IGN

Herman Toerien