Subscribe by Email

Ouers in hof oor uitverhuring van kinders vir seks

’n Paartjie van Pretoria, het gister in die hof onskuldig gepleit op 21 aanklagte dat hulle hul twee dogters ( toe 3 en 5 jaar) uitverhuur het aan mans, gedurende die tydperk 2005 tot 2008. Daar word beweer dat hulle die twee kinders onbehoorlik laat dans het vir “mense onbekend aan die staat” en toegelaat het dat hulle ook verkrag en onsedelik deur hierdie mense aangerand is.

In gister se getuienis voor die hof vir seksuele oortredings in Pretoria, het die een meisie (nou 9 jaar oud) begin getuig oor die gebeure. Volgens haar getuienis, moes sy en haar drie jarige sussie vir vreemde mans dans, wie dan ook aan hulle borste gevryf het en hulle penisse in die meisies se monde en privaat dele ingesit het.

Die 31-jarige ma en 38-jarige pa van die kinders pleit onskuldig op 12 aanklagte van  medewerking tot seksuele aanranding, 5 aanklagte van medewerking tot verkragting, 2 aanklagte vir kinderverwaarlosing en 2 aanklagte vir seksuele uitbuiting van kinders.

Die twee kinders was in pleegsorg geplaas in 2008, waarna hulle hierdie gebeure op die lappe gebring het.

One Response to Ouers in hof oor uitverhuring van kinders vir seks

  1. ErickV

    April 15, 2010 at 8:20 am

    Hoe is dit moontlik dat ouers so iets kan doen? Die bliksems moet gehang word of in ‘n tronk gegooi word sodat hulle ook albei verkrag kan word!