Subscribe by Email

Oudtshoorn kry nuwe fietsrypad, nog ‘n fietsryer ongeluk

Die onlangse dood van 3 fietsryers in Oudtshoorn het genoeg druk geplaas op die Wes-Kaapse departement van openbare werke om uiteindelik die bou van ‘n fietsrypad te befonds tussen Oudtshoorn en die Kango Grotte. Altesaam R 5 miljoen is in die 2010/2011 begroting goedgekeur, met nog R 5 miljoen vir die 2011/2012 begroting.

Voorheen was daar wel fondse goedgekeur vir so ‘n fietsrypad, maar daardie fondse is na bewering op ander plekke aangewend.

Die plan is om hierdie pad in fases te bou, en gebruik te maak van opkomende plaaslike kontrakteurs en plaaslike arbeid. Hierdie pad sal geleentheid bied aan fietsryers om van die gevaarlike pad wat hulle tot dusver gebruik het, af te bly. Voetgangers sal ook toegang geniet op die fietsrypad.

In ‘n verwante saak, is Mnr Hugo Steyn die jongste ongeval van ‘n fietsry ongeluk op Oudtshoorn, toe ‘n bakkie hom na bewering vroeg oggend van die pad gedwing het waar hy in Parkweg gery het. Dit het veroorsaak dat hy oor ‘n randsteen moes ry, waarna hy geval, en twee van sy ribbes klaarblyklik gebreek het, asook sy oogbank oopgeval het. Die bakkie het ook nie stilgehou na die ongeluk nie, maar weggejaag, beweer Mnr Steyn.