Subscribe by Email

Ouddiktator 50 jaar tronk toe oor baba-ontvoering

Die Argentynse oud-diktator, Jorge Videla, is 50 jaar tronk toe gestuur oor die ontvoering van 500 pasgebore babas. Nog ‘n oud-diktator, Reynaldo Bignone gaan vior dieselfde oortreding 15 jaar agter die tralies deurbring.

Die gebeure spruit uit die ontvoering van pasgebore babas tydens die diktatoriale bewind van 1976 tot 1983. Pasgebore babas van teenstanders van die regerende juntas is ontvoer en onder vervalste name aan ondersteuners van die junta oorhandig.

Nog vier senior offisiere is oor dié gebeurde tussen 14 en 40 jaar tronkstraf opgelê.

Videla is voorheen reeds twee lewenslange vonnisse vir menseregteskendings opgelê.

Foto: AP, betogers by die hof

 

 

Herman Toerien