Subscribe by Email

Oud-premier tronk toe

‘n Voormalige premier van die Oekraïne, die 50jarige Joelia Timosjenko, is vandag 7 jaar tronk toe gestuur vir magsmisbruik.
Sy is daarvan aangekla dat sy, toe sy nog premier was, ‘n uiters skadelike kontrak met die Russiese gasreus, Gazprom, geteken het.
Timosjenko self meen die verhoor en vonnis was die gevolg van ‘n politieke heksejag. Dié siening word ook deur die Europese Unie gedeel wat sy teleurstelling met die skuldigbevinding en vonnis uitgespreek het, en selfs gesuggereer dat dit die verhouding tussen die Oekraïne en die Europese Unie kan skaad.
Timosjekom moet ook die ekwivalent van R1,5 miljard aan die staat moet terugbetaal wat die staat glo in die nadelige transaksie skade gely het.
Timosjenko wil na die Europese Hof vir Menseregte appelleer.