Subscribe by Email

Oscar se lewe in gevaar as hy tronk toe gestuur word

Die staatsaanklaer Gerrie Nel behoort later vandag sy eerste getuie ter verswaring van vonnis in die Oscar Pistorius voorvonnisverhoor te roep.

Dit volg nadat hy vanoggend sy kruisondervraging van die verdediging se vierde en laaste getuie sal afhandel.

Dag drie van die voorvonnisverhoor skop om halftien vanoggend in die Noord Gautengse hooggeregshof in Pretoria af. Gister het staatsaanklaer Gerrie Nel vir Oscar Pistorius se bestuurder, Peet van Zyl, onder kruisverhoor geneem en sy bes probeer om die hof te oortuig dat die atleet verplig was om aan liefdadigheidsgeleenthede deel te neem. Maar Advokaat Barry Roux vir die verdediging het Van Zyl se getuienis herbesoek en ‘n prentjie geskets dat Pistorius ‘n held en nie ‘n geldgierige sportster is nie. Daarna het die proefbeampte, Annette Vergeer, getuig ter versagting van vonnis. Sy het ook aanbeveel dat Pistorius gevonnis word vir drie jaar se korrektiewe toesig. Volgens Vergeer sal die atleet se lewe in gevaar wees as hy tronk toe gestuur word.

Na verwagting sal sal Oscar se regspan vandag ‘n verklaring aan die hof maak aangaande die staat se onakkurate weergawe van betalings wat deur Oscar aan Reeva Steenkamp se ouers gemaak is.