Subscribe by Email

Oscar Pistorius se vonnisverrigtinge begin in Pretoria

Oscar-Pistorius-in-court (1)Oscar Pistorius verskyn vandag weer in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria waar sy vonnisverrigtinge begin. Dit volg nadat die Appèlhof sy skuldigbevinding aan strafbare manslag omgekeer het na moord nadat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, doodgeskiet het. Pistorius het reeds sowat ‘n jaar van sy vonnis van vyf jaar vir strafbare manslag uitgedien voor hy in huisaanhouding geplaas is, maar die Appèlhof het die saak na die Hooggeregshof terugverwys vir ‘n nuwe vonnis.