Subscribe by Email

Oscar Pistorius keer terug hof toe

Oscar-Pistorius (1)Oscar Pistorius se vonnisverrigtinge is amptelik vasgestel vir die dertiende tot die sewentiende Junie toe hy vanoggend vlugtig in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria verskyn het. Sy borgtogvoorwaardes is aangepas en hy mag nou twintig kilometer van die huis af reis sonder vooraf-toestemming van sy paroolbeampte.

Die hof moet die Paralimpiese kampioen ‘n nuwe vonnis oplê nadat die Appèlhof verlede jaar sy skuldigbevinding aan strafbare manslag na moord omgekeer het nadat hy op Valentynsdag 2013 sy vriendin, Reeva Steenkamp, doodgeskiet het. Pistorius het daarna ‘n jaar van sy vonnis van vyf jaar uitgedien voor hy verlede jaar in huisaanhouding geplaas is.