Subscribe by Email

Oscar Pistorius hoor sy vonnis van ses jaar uitdrukkingloos aan

osaOscar Pistorius het uitdrukkingloos voor hom uitgestaar toe hy vanoggend tot ses jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, wat hy in Februarie 2013 in sy huis in Pretoria doodgeskiet het. Regter Thokozile Masipa het met vonnisoplegging in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria bevind dat daar versagtende omstandighede is wat haar kon laat afsien van die minimum-vonnis van vyftien jaar wat die wet voorskryf:

Die Steenkamp-familie het ook hulle emosies beheer, terwyl Pistorius se suster, Aimee, huilend uit die hof gehardloop het. Lede van die ANC-Vroueliga het die vonnis beskryf as ‘n verleentheid vir die regstelsel en ‘n belediging vir vroue. Jabu Baloyi van die Geslagskommissie beskryf die vonnis as te lig, en ‘n teleurstelling:

Jabu Mahlangu van die burgerlike organisasie Sanco sê dit is vreemd dat Pistorius net ses jaar gekry het:

Willie Roos van ‘n internasionale steungroep vir Pistorius het regter Masipa geloof omdat sy nie die minimum-vonnis opgelê het nie:

Die meeste regskenners het ‘n langer vonnis verwag en daarop gewys dat Pistorius binne twee jaar vir parool in aanmerking kan kom. Sy regspan gaan nie appelleer nie, maar die Staat sal nog daaroor besluit.