Subscribe by Email

Oscar nie toegelaat tot Paralimpiese Spele nie

oscarjail

Oscar Pistorius sal nie toegelaat word om aan die 2016 Paralimpiese Spele in Rio deel te neem nie, selfs al word hy vroeër uit die tronk vrygelaat.

Die Internasionale Paralimpiese Komitee het amptelik verklaar dat  hy verbied word om aan enige van hulle byeenkomste deel te neem vir die volle vyf jaar wat hy gevonnis is.

Die verbod sal geld selfs al word hy vroeër vrygelaat onder huisarres of op volle parool.

Pistorius is vroeër in ‘n gepantserde voertuig na die Kgosi Mampuru-gevangenis geneem waar hy sy vonnis sal begin uitdien.