Subscribe by Email

Optog vir 19 Augustus beplan

protestn Reuse protesoptog teen korrupsie, die grootste in die land se geskiedenis, word vir 19 Augustus beplan om saam te val met die adhoc-komitee oor Nkandla se voorlegging aan die Nasionale Vergadering.

‘n Alliansie van burgerregte-organisasies en vakbonde reël die protesoptogte wat op twee plekke naamlik  na die Uniegebou in Pretoria en die Parlementsgebou in Kaapstad sal plaasvind.

Die vakbonde, insluitende Numsa, verreweg die land se grootste vakbond, gaan voor die einde van die week ’n kennisgewing by Nedlac indien dat ’n maatskaplik-ekonomiese protesoptog gehou gaan word om dit ’n wetlik beskermde protesoptog te maak.