Subscribe by Email

Oproep van Jake White

pierreDie Springbok-agtsteman en kaptein van die Bulls, Pierre Spies, is glo deur die Blou Bulle-maatskappy meegedeel dat hy oorbodig is en nie by hulle kan aanbly nie.

Spies het volgens berigte aan die Franse koerant, Midi Olympique, gesê ’n oproep van die voormalige Springbok-afrigter, Jake White, het hom dus laat besluit om sy loopbaan in Frankryk voort te sit nadat hy verlede naweek sy 119de wedstryd teen die Cheetahs opLoftus Versfeld gespeel het.

Die 30-jarige Spies sê hy het onmiddellik ingestem om vir White se klub, Montpellier, te speel.

Hy gaan eers in Japan rugby speel voordat hy hom in Februarie 2016 by Montpellier aansluit.

One Response to Oproep van Jake White

  1. John Grey

    Junie 25, 2015 at 12:18 am

    Lekker Pierre! Geniet dit … Ons verlang so baie na jou pa wat so vroeg dood is … Jy speel BAIE soos hy en hy was ‘n GROOT rygbyspeler en ‘n baie blymoedige, christelike mens. Sal nooit vergeet word nie!
    My vrou, Elise, doen mos baie “prentjies”, ens en hy het haar Picasso gedoop. Hy het haar ook vermaan, dat mens ALTYD moerkoffie moet drink … en sy doen van toe af tot vandag toe; tot vervelens toe!
    Dr Jan Grey, Sydney.