Subscribe by Email

Oproep om Pous te arresteer

Volgens ’n berig in The Vancouver Sun, gaan daar ’n poging aangewend word om Pous Benedict XVI te arresteer vir ondervraging oor die kindermolestering skandaal in die Roomse Katolieke Kerk, wanneer hy Brittanje later vanjaar besoek. Die Britse skrywer, Richard Dawkins, het menseregte prokureurs opdrag gegee om ondersoek in te stel of aanklagte teen die Pous gebring kan word en hy derhalwe gearresteer kan word op Britse grond.

Dit volg op onlangse bespiegelings dat Benedict probeer het om die wye omvang van kindermolestering in die Roomse Katolieke kerk te probeer toesmeer het. Die Kerk ontken dat daar enige toesmeerdery hieroor was.

Dawkins reken daar is drie moontlikhede vir gronde tot die Pous se arrestasie. Eerstens, om ’n klag in te dien by die internasionale kriminele hof in Nederland, asook ’n private of publieke klag vir “misdaad teen die mensdom” of ’n siviele geding teen die Pous.

Dawkins het sy prokureurs, Geoffrey Robertson en Mark Stephens opdrag gegee om die moontlikhede te ondersoek vir ’n regsgeding teen Benedict.

One Response to Oproep om Pous te arresteer

  1. Kuifie

    April 20, 2010 at 2:52 pm

    Op bespiegelings kan jy nie somaar iemand aanhou nie. Hulle kan ook nie somaar Mbeki arresteer vir sy ontkenning van die Vigs-epidemie wat duisende slagoffers gekos het nie. Die skrywer Dawkins kan ook nie liewe vriend Mugabe laat arresteer nie. Hulle kan wel probeer om ‘n land aan te val om dan die staatshoof in die tronk te gooi, soos Amerika dit durf doen, maar dan moet jy baie sterk wees en guts hê. Maar Die Pous is die staathoof van ‘n staat wat “Die Vatikaan” genoem word. Staathoofde kan nie gearresteer word nie, die VN laat dit nie toe nie.

    Die Vatikaan is een van die rykste lande in die wêreld Die Roomse kerk het die grootse versameling van kunswerke in die wêreld. Is die grootste kerklike organisasie wat daar betaan, hulle is baie groter dan deursnee multinasionals. Hulle het as organisasie die meeste eiedomme. Hulle het ook die grootste banke, baie groot hospitale, ens ens. En hulle het mag baie mag en baie baie geld. Hulle het ooral in die wêreld ‘n vinger in die pap, maar daar is wel ‘n probleem…die selibaat.

    Deur die selibaat is hulle organisasie lankal ‘n aantrekkingspunt vir ongure elemente geword soos pedofile ,maar ook vir homo’s wat hulle in ‘n gewone gemeeskapo nie kan of durf plaas nie. Hulle soek dan ‘n veilige skuilplek in ‘n groot ‘n organisasie soos die Roomse kerk waar hulle ingesluk word en nog amper kan gesien word. So kan hulle dan misbruik maak van hulle mag onder die beskermende sambreel van die kerk, sonder iemand daar agter kan kom nie. Die probleem is so erg geword dat Die Vatikaan te skaam geword het om hulle probleem openlik te bespreek.

    Ek dink …of die kerk skaf die selibaat af en laat priesters trou…verskuif dus die aantrekkingspunt….of die kerk vat die vreeslike misbruikers tronk toe.