Subscribe by Email

Oprah skik oor lastersaak met vorige Skoolhoof

OPRAH Winfrey het geskik met haar vorige Skoolhoof, Nomvuyo Mzamane, oor ‘n hofsaak waar laasgenoemde vir Oprah hof toe gesleep het oor lasterlike uitlatings, by haar eksklusiewe meisies skool in Henley-on-Klip, Suid van Johannesburg. Die saak spruit voort oor die beweringe van kinders in die skool dat hulle in 2007 gemolesteer was deur een van hulle onderwysers.

‘n Verklaring wat uitgereik was in Philadelphia, VSA, deur albei die partye se prokureurs, verklaar dat hulle albei die kwessie vreedsaam opgelos het, tot beide se satisfaksie.

Mzamane het in ‘n 2008 dokument aan die hof beweer dat Oprah haar persoonlike en professionele skade aangerig het toe Oprah haar daarvan beskuldig het dat sy versuim het om op te tree toe dit beweerde molestasies aanvanklik aan die lig gekom het. Oprah het beweer sy het vertroue in Mzamane verloor, en wou huis skoonmaak van bo tot onder.

Die hofsaak sou begin op 29 Maart begin het in Philadelphia nadat ‘n federale hof beslis het dat Winfrey se pogings om die saak uit die hof te gooi, nie geslaagd was nie.