Subscribe by Email

Opposisie uitgejou by Vryheidsdagvieringe

PRES. JACOB ZUMA  en die minister van verdediging, me. Lindiwe Sisulu,

PRES. JACOB ZUMA en die minister van verdediging, me. Lindiwe Sisulu, by die Uniegebou gister in Pretoria. FOTO: NELIUS RADEMAN VOLKSBLAD

Die uitjou van ’n opposisiepartyverteenwoordiger wat tydens vandag se Vryheidsdagvieringe in Pretoria plaasgevind het, is ’n voorbeeld van die ANC se wanpersepsie van die konsepte van vryheid en demokrasie.

Hierdie tipe optrede, wat al hoe meer onder ANC-geledere waargeneem word, regverdig ernstige selfondersoek deur die ANC oor die rol wat die ANC speel in die beskerming en uitbouing van demokrasie in Suid-Afrika.

AfriForum se adjunk-uitvoerende hoof, Ernst Roets, het gesê die ANC se arrogante minagting van opposisiepartye en minderheidsgroepe is kommerwekkend. “In ’n diverse land soos Suid-Afrika is die toets vir ’n gesonde demokrasie of uiteenlopende standpunte geakkommodeer en minderheidsgroepe beskerm kan word.

“Die ANC beskuldig dikwels opposisiepartye en minderheidsgroepe daarvan dat hulle apaties is en nie betrokke wil raak by die viering van dae soos Vryheids- en Menseregtedag nie. Vandag se voorval is ’n sprekende voorbeeld van waarom baie Suid-Afrikaners nie by sulke geleenthede betrokke wil raak nie – omdat dit as partypolitiese ANC-byeenkomste beskou word waar geen standpunte wat nie met dié van die ANC strook, geduld word nie.”