Subscribe by Email

Openbare Beskermer kondig regstappe aan teen die SAUK-raad

thuli-madonselaOpenbare Beskermer Thuli Madonsela se kantoor doen regstappe teen die SAUK-raad na Hlaudi Motsoeneng se aanstelling as uitvoerende groepshoof vir korporatiewe sake. Madonsela het op ‘n nuuskonferensie in Pretoria gesê hulle wil uitvind of die posisie vakant was, wat die vereistes was en of dit geadverteer is. Motsoeneng het vroeër gesê hy is van plan om aansoek te doen om sy vorige pos as uitvoerende operasionale hoof wanneer dit geadverteer word.

One Response to Openbare Beskermer kondig regstappe aan teen die SAUK-raad

  1. Koos

    September 28, 2016 at 7:44 am

    Waarom luister hierdie hardkoppige wetters nie Hulle verset hulle wragtig teen die hof se uitspraak en teen die Openbare Beskermer. Hulle kan nie verstaan dat hulle verkeerd handel en irrasionaal optree nie hoe kan hulle nog ‘n instansie soos die nasionale uitsaaier bestuur?
    Klipkoppe!!