Subscribe by Email

Onwettige orgaan oeste bring R 134 duisend per liggaam in.

’n Begrafnisondernemer bedrogspul waar organe van lyke geoes word is ontbloot deur die Gautengse regering na ’n ondersoek in samewerking met die Ekurhuleni metro.

Die ondersoek, wat gelei word deur ’n industrie ekspert, Johan Rosseau, het bevind dat die organe van ’n enkel lyk tot R 134 000.00 kan inbring en hierdie organe word geoes sonder die toestemming van die naasbestaandes van die oorledene. Rosseau het bevind dat hierdie organe verkoop word aan orgaanoorplantings-organisasies, meestal in die Verre-Ooste. Hy wou nie die name van hierdie organisasies bekend maak nie, omdat ’n kriminele ondersoek tans aan die gang is. Hy sê dat organe in die geheim, sonder toestemming geoes word terwyl lykskouings uitgevoer word.

Rosseau het verder gesê dat hierdie ondersoek gaan nie oor organe wat vir “muti” doeleindes verkoop word nie, maar dit gaan oor die onwettige oes en verkoop van organe vir oorplantings – en navorsings doeleindes.

Die begrafnisondernemings industrie in SA genereer ongeveer 60 biljoen rand per jaar.