Subscribe by Email

Onwaarskynlik dat die Proteas dag/aand toets sal speel

tonyDie Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging sê dit is onwaarskynlik dat die Proteas in November ‘n dag/aand-toets sal speel op hulle toer in Australië. Gister is berig dat Krieket Australië die idee oorweeg dat ‘n toets weer onder spreiligte in Adelaide gespeel kan word. Die vereniging se uitvoerende hoof, Tony Irish, sê hoewel daar positiewe terugvoer was na die pienkbal-toets tussen Australië en Nieu-Seeland in Desember, is daar steeds kwessies met die pienk bal op die veld wat uitgestryk moet word.