Subscribe by Email

Ons is moeg vir bloed – Solidariteit

Dirk Hermann van Solidariteit het op sy blog bekendgemaak dat daar ’n saamtrek op 19 Mei gereël word in Pretoria, om protes aan te teken teen misdaad.  “Een van die grootste fokuspunte van die nasionale dag van protes van die 19de Mei gaan ʼn saamtrek in Pretoria wees. Die sukses van die saamtrek in Pretoria is een van die kritiese sukses faktore van die veldtog”.

“Die dag begin om 10:00 by die Harlequins Rugbyklub in Groenkloof. Daar gaan talle bekende sangers by die saamtrek optree. Ons doen ʼn beroep op mense om die dag rooi aan te trek. Die tema is: ons is moeg vir bloed.”

Indien mense nie die dag kan bywoon nie, moedig Solidariteit hulle aan om in elke geval rooi aan te trek om simpatie met die dag te toon. Mense kan ook blomme bring vir ʼn kranslegging vir familie en vriende wat deur misdaad getref is.

Hermann skryf dat hulle nou die 200 merk van memorandums aan polisiestasies oorgesteek het.

Lees meer Hier