Subscribe by Email

Ongevraagde “spam” oproepe word vasgevat

Gefrustreerde verbruikers wat siek en sat is van ongevraagde lukrake telefoonoproepe van bemarkers, kan nou uiteindelik uitsien na beskerming.

Die Verbruikersbeskermingswet, wat op 24 Oktober hierdie jaar in werking tree, gee verbruikers die reg om aan te dring dat hulle kontakbesonderhede verwyder word van die bemarker se databasis en hulle nie meer mag bel nie. Dit gee die verbruiker darem meer bytkrag op ongevraagde bemarkingsmetodes.

Maatskappye wat die nuwe wet oortree, kan boetes van 10% van hulle inkomste, of 1 miljoen rand in die gesig staar.

Die nuwe wet maak voorsiening vir ’n wye veld wat daarop uit is om verbruikers te beskerm.