Subscribe by Email

Ongelukke in die gene

Volgens nuwe data uit Nederland is daar ‘n regstreekse verband tussen bestuurders wat ‘n geneigdheid het om verkeersboetes op die lyf te loop, en om ongelukke te maak.

Volgens die Stigting vir die Wetenskaplike Ondersoek na Verkeersveiligheid, maak motoriste wat nege verkeersboetes per jaar kry, ‘n halfpersent van die bevolking uit, maar is vir ses persent van die ongelukke verantwoordelik.

Anders as ‘n studie wat in 1995 in Kanada gedoen is, dui die jongste navorsing nie op ‘n eweredige toename tussen die hoeveelheid boetes en die kans om ‘n ongeluk betrokke te raak nie. Vir nege boetes is die kans tien keer so groot om ‘n ongeluk te maak as net vir een boete. By 17 boetes is die kans ‘n 100 keer groter.

Dié syfers vind ook in die aantal padsterftes neerslag. Die norm is dat die kans vir ‘n sterfte vir elke 50 000 kilometer wat gery is, een uit 10 000 is. By motoriste met nege verkeersboetes per jaar, is die kanse egter een per duisend.

Die studie in Nederland word as baie verteenwoordigend beskou, omdat Nederland die land met die meeste “flitspale” per inwoner is.

Tog word 67 persent van die ongelukke gemaak deur mense wat geen, of bykans geen verkeersboetes op die lyf geloop het.

Suid-Afrika het ook ‘n interessante statistiese verband tussen wetstoepassing en padsterftes: Hoe laer die persentasie aangekeerdes per 100 000 van ‘n provinsie se bevolking, hoe hoër is die padsterftes wanneer die sterftes en motors per kilometer vergelyk word. Vir die min of meer ooreenstemmende tydperk (met 2008 as ankerjaar), lyk die posisie so, in volgorde van aangekeerdes per 100 000 per provinsie, die aantal padsterftes en die voertuie per kilometer. Gauteng se bevolking is sowat 9 miljoen, ongeveer drie keer soveel as die Vrystaat se ongeveer drie miljoen. Die aantal padsterftes is ook bykans drie keer hoër, maar Gaunteng se sterftes vind plaas in ‘n verkeersdrukte wat meer as agt keer so grootis; dus sou verwag word dat die padsterftes in Gauteng veel hoër sou wees. In Gauteng is egter veel strenger wetstoepassing teen dronkbestuur, met ongeveer dubbel soveel motoriste per 100 000 van die bevolking wat aangekeer word.

Gauteng KZN WK OK VS MP NW Lim NK

101,5 125.8 240 87.6 48,9 22.3 66.0 22.3 130.1 101.2

2007-08 3 100 2 442 1 623 1 638 1 088 1 724 1 210 1 388 414 14,627

2008 58 12 15 7 4 9 6 6 2 11

Die Oos-Kaap se bevolking is meer as dubbel so groot soos dié van die Vrystaat en die padbesetting bykans dubbel, maar die aantal padsterftes is heelwat minder as dubbel – die wesenlike verskil weer eens dat die wetstoepassing teen dronkbestuur ook bykans dubbel so streng is.

Daar is talle ander faktore, soos padtoestande, die gemiddelde ouderdom van voertuie wat in die Vrystaat baie hoog is, en of dit tipiese deurryprovinsies is wat die werklike padbesetting verhoog.

Herman Toerien