Subscribe by Email

Ongeluk veroorsaak vertragings

160421Truckaccident-jpgDie Gautengse minister van Vervoer, Ishmail Vadi, het opdrag gegee vir ‘n omvattende ondersoek na ‘n ongeluk waarin ‘n vragmotor op ‘n spoorlyn van die Gautrein beland het. Die mede-bestuurder is gister dood toe die vragmotor tussen die Pretoria- en Hatfieldstasie op die spoor getuimel en groot vertragings veroorsaak het. Vadi sê hy gaan met munisipale amptenare vergader om maniere te vind om ‘n herhaling te voorkom.