Subscribe by Email

Ondersteun landelike veiligheidsplan ook polities

“Saam met die bekendstelling van die nuwe Landelike Veiligheidsplan op Bethlehem, is ‘n boer van dieselfde distrik deur aanvallers in die been gewond en ‘n plaas beset, en sedertdien is ‘n polisieman deur vermeende veediewe vermoor, en ‘n bejaarde boer van Noordwes in die nek gewond. Daar sal druk op landelike veiligheid bly so lank as wat politici ‘n persepsie help vorm dat boere vrybuit, en selfs misdadigers is,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese party (CDP).

“Volgens die 2002 landbousensus het Suid-Afrikaanse boere bykans R4,5 miljard se skade in een jaar weens veediefstal, die diefstal van gereedskap en implemente, oesdiefstal en inbrake gely. Baie boere moet buitelandse valuta deur uitvoere probeer verdien sonder dat hulle die subsidies van baie buitelandse boere kry, en boonop voedselsekuriteit vir die land verdien.

“Ons doen weer eens ‘n beroep op die regering om ‘n wag voor die mond te plaas met populistiese uitsprake.”