Subscribe by Email

Ondersoek teen Finansminister is kommerwekkend

thuliOpenbare Beskermer Thuli Madonsela sê die Valke se ondersoek teen Finansminister Pravin Gordhan en vier ander gewese amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is kommerwekkend aangesien die eenheid vroeër ook aan haar vrae gestuur het. Sy het verlede jaar onthul dat die Valke haar ondersoek vir beweerde meineed weens ‘n oënskynlike verskil in die verduideliking van haar kantoor se magte in twee afsonderlike hofverklarings. Die Valke het dit ontken en gesê die vrae was net om duidelikheid te verkry. Madonsela sê die eenheid skuld die land ‘n veruideliking oor wat presies teen Gordhan en sy oudkollegas ondersoek word.