Subscribe by Email

Ondersoek ingestel na die polities gemotiveerde moorde in KwaZulu-Natal

Willies+Mchunu+May+22+2016Die KwaZulu-Natalse premier, Willies Mchunu, het aangekondig dat ‘n kommissie van ondersoek ingestel gaan word na die polities gemotiveerde moorde in die provinsie. Sowat 14 mense, waaronder ANC-raadslede, is onlangs doodgemaak in aanloop tot die plaaslike verkiesing wat vroeg volgende maand plaasvind. Mchunu sê dit is ‘n ernstige saak en het ‘n beroep op die leiers van alle politieke partye gedoen om hul rol in die behoud van vrede en stabiliteit te erken. Hy het bygevoeg dat die minister van polisie, Nathi Nhleko, ‘n spesiale taakmag aangestel het om moorde wat met politiek verband hou te ondersoek.