Subscribe by Email

Ondersoek gevra na die beweerde onreëlmatige aanstelling van raadslede

pretoria_city_hallANC-lede in die Tshwane-metro gaan die kantoor van die Openbare Beskermer nader om ondersoek in te stel na die onreëlmatige aanstelling van raadslede in die metro. Die ANC beweer dat behoorlike werwingsprosesse nie gevolg is in die aanstelling van Marietha Aucamp as personeelhoof in die kantoor van die uitvoerende burgemeester nie. Die voormalige burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, het Tshwane-metro se nuwe burgemeester, Solly Msimanga, beskuldig van korrupsie en dat hy ‘n blatante leuenaar is.