Subscribe by Email

Onderhoude word vandag gevoer

Public_protector_EmblemDie parlementêre komitee wat ‘n opvolger vir Openbare Beskermer Thuli Madonsela moet vind, gaan vandag in Kaapstad onderhoude voer met die veertien kandidate op die kortlys. ‘n Uur is opsy gesit vir elke onderhoud en dit word regstreeks op televisie uitgesaai. Die komitee wil die proses teen die einde van die maand afhandel. Voorsitter Makhosi Khoza sê die komitee sal al die kandidate regverdig behandel. Madonsela se termyn verstryk in Oktober.