Subscribe by Email

Om George-lughawe met Nkandla te vergelyk is belaglik

Nkandla1

Pres. Jacob Zuma het Nkandla met wyle oud.pres. P.W. Botha se huis in die Wildernis vergelyk.

Zuma het Sondag gedurende ‘n vrae sessie ‘n verband probeer trek tussen die lughawe by George en die veiligheidsreëlings by Nkandla, sy private woning in KwaZulu-Natal. Die bewerings is gister met ongeloof begroet.

Mense wat destyds met die bou van die lughawe in die laat 1970’s betrokke was is dit eens dat dit onwaar is.  Hennie Smit, wat van 1981 – 1983 LPR vir George was en later vir Botha as LV vir George opgevolg het, het gesê daar was geen druk van Botha se kant om die lughawe daar te bou nie.

He sê Botha het die huis naby Wildernis gekoop lank ná die besluit om die lughawe te bou.

Volgens parlementêre records het die regering in Maart 1973 besluit om die lughawe te bou en is dit in Junie 1977 voltooi.  Botha se huis is in 1978 – 1979 gekoop.

Meer as 560 000 passasiers gebruik jaarliks die lughawe.